Bruilofsmaal Van Die Lam Van GOD En Eindtydse Gebeure

Marriage Supper of the Lamb-Africaans

MOENIE JULLE VERTROUE OP JULLESELF OF ANDER STEL NIE
Nou, MY dogter, laat Ons begin. Vandag wil Ek die probleem van vertroue in ‘Self” bespreek. Om selfonderhoudend, selfvoldaan en selfgesentreerd te wees, is ‘n bose vangtou. Dit word deur die wêreld gepropageer en deur MY vyand geïnspireer. Om selfvoldaan te wees is niks anders as om jouself bo GOD te stel nie. Dit beteken om in jou eie wil te lewe in plaas van in GOD se Wil. Net soos hierdie 40-dae vas MY Wil was. Wanneer mense doen wat hulle verkies om te doen sonder om MY te raadpleeg en MY leiding te volg deur ‘n noue verhouding met MY. Hulle lewe apart van wat MY Wil is en verval so in sonde – Ek sien dit as rebellie teen MY. Ek wil hê MY kinders moet volgens MY Wil lewe. Soms lyk MY Wil nie reg volgens die standaarde van die wêreld nie. Die wêreld propageer dat jy geld, posisie, sekuriteit en menslike liefde en guns moet najaag. MY Wil is volgens wêreldse standaard nie normaal nie. Dit lyk anders, maar MY Wil is reg.

Close up photo of white flowers on a grey background